As deel van ons volgehoue betrokkenheid by DIE VALLEI waarin ons woon en werk, wil Louise Reyneke Eiendomme graag die nuutste “happening” in ons area met julle deel.
Leoni Smit (kunstenaar en stilis) wat saam met Ian Simons (kunstenaar) die Kuns Akademie, Van Riebeeck Schuur begin het, gee die volgende deur aan Alle Kuns en Kultuur Entoesiaste
15 Junie 2012
19:00
Van Riebeeck Schuur Kuns
Akademie nooi julle uit om die opening van die klein teater en kunsskool by te woon. Op 15 Junie tree Tina Schouw, jazz en folk kunstenaar, hier op.
Ons wil dit n maandelikse instelling maak om kaliber kunstenaars aan die Riebeeckshof Vallei bekend te stel...ons wil geken word as die teater waar gehalte tel - die akoestiek is uitstekend en die atmosfeer knus en intiem, die gebou outentiek.
Die teater is geskep in die ou wynkelder en kan ‘n gehoor van 130 huisves. Die oogmerk is om slegs musikante wat internasionaal gereken kan word,op die lysie te hê.Dit alles op die historiese werf van van Riebeecksplaas, een van die oudste plase in Suid Afrika.
Ons stal op hierdie aand juwele en handgemaakte skoene uit in die Schuur langs ons teater en verkoop CDs van Tina. Mans,hou julle beursies vas!
Die studio, van Riebeeck Schuur, bied teken, skilderkuns en fotografie klasse vir volwassenes en kinders aan en beoog ook in die toekoms amateur digkuns, kunsfilm aande en figuratiewe tekenklasse.
Kom drink n glasie wyn en geniet die gees van verfyndheid!
Skakel en bespreek vir
Tina Schouw
Leoni Smit 074 6921211
Of epos leoniy.n@vodamail.co.za